| Wie is ons? |
|
Public Storage is gestig in 1996 en bedryf huidiglik agt take in die Pretoria-Centurion omgewing. Ons is voortdurend besig met uitbreiding van die besigheid om steeds ‘n meer gerieflike diens aan kliënte te bied. Public Storage bied ’n verskeidenheid van stooreenheid grootes wat gehuur kan word vir lang- of korttermyn op ’n maand-tot-maand basis teen mededingende tariewe. Die veilige berging van ons kliënte se besittings vorm die kern van ons missie. Om die rede word streng sekuriteit toegepas. Alle fasiliteite het wagte 24 uur wat toegang beheer en die perseel patrolleer. Daarbenewens is alle geriewe met elektriese heining omhein en word met kringtelevisie gemonitor. ’n Nuwe sluitmeganisme word tans in werking geplaas wat store selfs nog meer dig sal laat sluit. Alle store bestaan uit ’n baksteenkonstruksie en word van mekaar geskei deur baksteenmure. Dit bied meer veiligheid teen byvoorbeeld potensiële brande. Verder hou dit stof beter uit en die geïsoleerde dakke verseker ’n meer konstante temperatuur wat belangrik is wanneer goedere gestoor word. Toegang word verkry deur ’n oproldeur wat ook verseël word teen stof. Public Storage bied ’n professionele fasiliteit wat deur versekeringsmaatskappye goedgekeur word vir huishoudelike sowel as komersiële doeleindes. |






